Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/22/2008

"Slipknot-man" of net pleinweg "Swaardman"?

Na Henrietta se interessante draad oor hierdie onderwerp, het ek besluit om my opinie daarop sommer as 'n nuwe draad oop te maak. My doel is nie om Henrietta se draad te kaap nie!

Ja, ek praat hier van die storie wat vreeslik in die media verskyn het en almal nou op hol het. Het die "Swaardman" se geloof (en musiek wat daarmee saamgaan) hom beinvloed om sy klasmaat te vermoor? Hierdie saak het verskillende sienings:

Satanisme, as sulks, kan min of meer onder-verdeel word. "Pop satanism" (en let wel, dis nie paganism nie) is 'n moderne uitvindsel deur Anton LaVey en is gebaseer op moderne materialistiese waardes. Wat vreemd is, is dat die "satan" waarna LaVey in sy boek "A Course in Miracles" verwys, is die koning van materialisme EN is'n metafoor vir die menslike ego. Paganism kan, aan die ander kant, as onskadelik beskou word want hulle het tog die uitdrukking "An ye harm none, do as thou will" -Wiccan Rede...

Uit die 2 bogenoemde situasies, wil ek fokus op die "pop satanism" idee, want dit sluit materialistiese invloede - soos musiek - in. Maar dan, soos LaVey verduidelik het, is daar 'n fyn lyn tussen jou eie ego en die invloede rondom jou wat daardie ego kan maak of breek. The stronger your own mind and guard against bad influences, the less concerned you should be about such influences.

Is Slipknot een van die redes waarom 'n hoërskoolseun besluit het om iemand te vermoor? Ek twyfel baie sterk. My musiekversameling sluit 'n paar Slipknot liedjies in en ek waardeer die liedjies vir wat hulle is: musiek met 'n hele ander klank. Die "Swaardman" het sekerlik baie ander emosionele en sielkundige probleme beleef voor hy sy skokkende uitlating gehad het. Mense moet eerder DAAROP fokus en nie gryp na hipotetiese redes waarom hy dit gedoen het nie.

Ek sou niemand uitdruklik aanraai om na Slipknot te luister nie, want onthou as mens 'n "big deal" uit iets maak (of jy gekant is daarteen en of jy dit dalk mag aanmoedig), dan is dit ook gewoonlik 'n "big deal". In hierdie geval is dit beter om die musiek issue glad nie te beklemtoon nie. As jou kinders of iemand na aan jou eendag daarna wil luister, sou ek dit saam met hulle ontdek het en dit dan net daar gelos het.

Ek stem saam ook met Michael dat Slipknot, en ander groepe soos AC/DC ens., baie van hul simbole en snaaksighede slegs gebruik vir anargistiese- en skokredes. Oorreageer ons nie dalk nie? Selfs Harry Potter en Pokémon was op hul tyd as evil beskou en vandag hoor ons niks meer van daardie "slegte invloede" nie...Onthou dat Slipknot after all net 'n band is, wat ook probeer geld maak ;).


Alet ***

7 comments:

Mart said...

Alet, jy maak goeie punte in jou plasing. Die ding is net dat mens geestelik sterk moet wees om soos jy te redeneer.

Daar is tieners wat wragtig ongelooflik "deurmekaar" is en op 'n patologiese manier na identiteit soek.

Dalk is "Swaardman" ook so 'n tiener. Dalk voel hy in elk geval so verlore, dat hy selfs Slipknot se bemarkingsstrategieë, as direkte boodskappe aan hom interpreteer!

Who knows?

;)

Alet said...

Ja en nee, Mart. Twee tipes mense het al bewys om redelik gevaarlik te wees in sekere tydperke van hul lewens:

1.) 'n Tiener met 'n indentiteitskrisis of
2.) 'n Middeljarige in sy "mid life crisis"

:)

Maar, dan weer, moet 'n mens nie oor die algemeen geestelik sterk wees om enige deel van die lewe aan te durf nie? Musiek is maar net 'n druppel in die emmer.

Flieks, literatuur en - die belangrikste - ander mense kan 'n baie negatiewe invloed in jou lewe hê as jy nie die nodige wysheid en ervaring het om te weet wat is goed en sleg nie.

Ek wonder of tieners geestelike sterkte deur die kerk kan kry? Die konsep van "katagese" sal aansienlik moet moderniseer voor issues soos Slipknot openlik bespreek kan word...

Mart said...

Ja Alet, jy is reg. Mens moet geestelik sterk wees in die lewe. Punt.

Wat ek probeer sê is dat almal NIE geestelik ewe sterk is NIE. Almal het nie dieselfde emosionele sterkte nie. Baie mense het ernstige geestes afwykings. Dis hierdie mense (soos "Swaardman") van wie ek praat.
As 'n mense sukkel om te onderskei tussen reg en verkeerd, boos is en boonop 'n lekker groot dosis Slipknot inkry, kan 'n bloedbad seker beter verklaar word?

Kategese is dalk nie heeltemal opgewasse teen Slipknot nie, want kategete weet dalk nie van Slipknot nie. Ek persoonlik maak 'n punt daarvan om baie op hoogte te bly, ook van "onheilige" dingetjies van tieners...die rede hiervoor is dat ek dit sal haat om net van gister se dinge te weet terwyl vandag (en more) se dinge al lankal voor die deur staan.

Hoe dink jy moet kerke en katkesasieklasse verander om dinge soos Slipknot in te sluit?

Michael said...

Wat sou julle twee ladies sê oor die moontlikheid dat "Swaardseun" wel tot 'n mindere of meerdere mate possessed was?

Ek dink net die gesprek ignoreer die moontlikheid ter wille van julle opregte insig oor die mens se vrye wil.

My gedagtes hier vloei uit 'n plasing wat ek op Henriette se "Slipknot" plasing gemaak het.

Groete,
Michael
P.S. Op die oomblik voel ek soos 'n klein seuntjie wat iets nuuts ontdek het in die "nuwe" bewyse vir die ou beginsel dat die mens 'n lewende gees is wat instansie in die liggaam en siel kry.

Alet said...

Michael, hierdie lady voel dat die moontlikheid daarvan heel waarskynlik is. Maar ek wonder of Slipknot so 'n groot invloed gehad het, of nie.

Soos Mart genoem het, is alle tieners nie ewe sterk nie, veral as dit by die onderwerp van hule geestelike lewens kom. Sal dit help as musiek weer gesensor word? Op so 'n manier beskerm mens seker die meerderheid van die jeug teen hulself...

Alet ***

Michael said...

Hallo Alet,

Ek het net 'n gedagte oor jou sensuur vraag. Persoonlik dink ek dat net soos die eerste Christene nie op die Staat vertrou het om hulle sedes te bewaar nie, hoef ons ook nie. Vandag het ek weer vir 'n vriend genoem dat van die eerste Christene baie moontlik op hulle heilige Sondag gedwing was om verby tempel prostetute te loop. Uit die briewe van die apostels was dit duidelik dat daar vele sedelike uitdagings was. Hulle het dit oorwin en nie net dit nie. Vele mense soos die tempel prostetute het die kans gekry om vry te kom van die boosheid wat hulle gebind het.

Terug by sensuur... Sensuur is die plig van die kleinste en sterkste mense groep. Dit is goed soos gesinne en gemeentes. Van 'n sekulêre staat verwag ek net openlikheid oor die inhoud van boodskappe, soos musiek en flieks, sodat die "mense groep" ingelig kan wees oor hoe dit hanteer word.

Moet nie bekommerd wees dat ek die plig van die individu vergeet nie. Ek kan dit net nie logies losmaak van die mense groep waarbinne die individu funksioneer.

Groete,
Michael
P.S. My verbondenheid aan Christus is natuurlik die sterkste mense groep en Christus verbind my aan baie mense soos julle... Lekker!!! The family of God.

Surina said...

Hi. Ek is 'n jeug leier en het al my sakke sout opge-eet wat kategese betref. ;-) Maar ek was ook lank in 'n NGK. Daar moes jy net seker goedjies vir die kids leer en dit was aaklig. Gelukkig vir my was God aan my kant. My pa was die hoof van die "sondagskool" en het al die ou boekies weg laat val. Ons het gefokus op die kinders en vandag, die Bybel, Ou en nuwe testament. Ons het BYBEL gegaan. Die kinders het in hul getalle begin groei. Nou is ek in 'n AGS kerk en moet bevestig ons as jeug leiers kan makliker oor die tipe ding gesels. Die jeug is so honger vir die waarheid. Maar dit vat harde werk. Ek is net dankbaar dat 'n mens ierwers kan begin.... Bly om te sien hoe jul dinge bespreek hier. Dis great! Dankie.