Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/24/2008

Oor Francis A.Schaeffer

Ek het so 'n jaar terug 'n reeks lesings geluister oor Francis A. Schaeffer. Dit het gevolg uit my studie van die beginsels van "Presuppositional Apologetics" soos geleer deur Van Til.

Francis Schaeffer was 'n uitstaande persoon en verseker 'n onderwerp vir hierdie gespreksforum.

Groete,
Michael

9 comments:

Alet said...

Lyk of ek lekker gaan leer met hierdie onderwerp! (Nice one, Michael). Die bietjie wat ek, sover, oor Schaeffer se werk kon vind lyk as volg:

"Presuppositionalists, he held, are right to assert that the ultimate premises of Christian and anti–Christian systems of thought are utterly at odds. On the other hand, evidentialists are right to assert that between Christian and anti–Christian systems of thought there is always a point of contact. The reason for this point of contact, he argued, is that nonbelievers cannot bring themselves to be completely consistent with their own presuppositions, and this inconsistency is a result of common grace. "Thus, illogically," he wrote, "men have in their accepted worldviews various amounts of that which is ours. But, illogical though it may be, it is there and we can appeal to it."

Ek hou baie sy manier van dink! Die ongelowiges kan God misken, maar net tot 'n mate want dan tree die "common grace" in. Die common grace (of selfs common ground) is - vir my - liefde. Liefde wat nie ontken of misken kan word nie en wat almal, gelowiges of nie, omring.

Interessant dat die idee van preconceptions weer begin kop uitsteek :): "cannot bring themselves to be completely consistent with their own presuppositions"...

Alet ***

Michael said...

Ek persoonlik dink dat ek van presuppositionalist is maar dan sal ek dit ook op die mannier van Schaiffer benader. Schaeffer het vir 'n jaar by Van Til in die VSA gaan studeer, maar sy tyd in Europa het hom 'n baie unieke karakter gegee.

Ek sal graag meer wil hoor oor die "L'Abri community in Switzerland" wat hy gestig het. So ver ek weet bestaan hulle steeds. Hy en sy hele familie het hulleself gegee vir die harte van ongelowiges van alle soorte. As ek reg onthou was/is van sy eie kinders ook afvallig en baie krities op hulle pa se werk.

Soos ek gesê het is my kennis van Schaeffer gebasseer op 'n reeks lesings wat ek geluister het. Hier is die link:
http://www.rctr.org/ap5.htm

Groete,
Michael

Mart said...

Wat ek gekry het oor Francis Schaeffer:

Schaeffer:"When all is done, when all the alternatives have been explored, "not many men are in the room" -- that is, although world-views have many variations, there are not many basic world-views or basic presuppositions."
-Francis Schaeffer

Francis Schaeffer reached both the intellectual and the laborer, the scientist and the artist, the doubter and the faithless.

Schaeffer: "The arts and the sciences do have a place in the Christian life -- they are not peripheral. For a Christian, redeemed by the work of Christ and living within the norms of Scripture and under the leadership of the Holy Spirit, the Lordship of Christ should include an interest in the arts. A Christian should use these arts to the glory of God -- not just as tracts, but as things of beauty to the praise of God. And art work can be a doxology in itself."

Michael said...

Wat ek uit die lesings onthou en gelees het op die web, het Schaeffer 'n hawe geword vir Europese "Waarheid soekers" van enige lewensbeskouing. Hy het atties, agnosies, Rock-cults, druggies en baie ander mense ontvang in sy "huis". Deur 'n pad met hulle te stap het hy hulle kans gegee om hulle lewe te evalueer, met die Lig van die Woord, Jesus Christus wat sag op hulle geskyn het.

Dit is die prentjie wat ek van Schaeffer se werk het. Dit was wat ek ook gedink het met KK die geval sou kon wees, maar ek is dalk nie so humanitêr soos Schaeffer nie, of die internet klets meduim is nie so persoonlik soos 'n fisiese bly plek vir soekendes nie... Wie weet, maar as ek gereed moet bly om te getuig weet ek dat ek met julle lekker sak kan praat oor hierdie sake.

Groete,
Michael

Mart said...

Ek lees nog op oor Schaeffer. Dankie dat jy hom aan my "voorgestel" het.

Mart

Michael said...

Hi Mart,

Download sommer die lesings van:
"Kim Riddlebarger Lectures on Francis Shaeffer"

Jy sal dit op hierdie site kry:
http://www.rctr.org/ap5.htm

Dan kan jy dit sommer op jou "iPod" luister...

Groete,
Michael

Liza-Nel said...
This comment has been removed by the author.
Liza-Nel said...

As julle werklik wil weet hoe fenomenaal hierdie man se gedagtegang is moet julle die boek wat ek geplaas het - The God Who Is There - beslis koop en lees. Dr Schaeffer word nie verniet deur baie beskou as dié grootste Christen-apologeet van die 20e eeue nie.

In hierdie baanbreker boek bespreek F.S die revolusionêre verskuiwing wat plaasgevind het in die filosofiese gedagtegang van die Weste aangaande die 'waarheid' van 'n Godheid.

Volgens Schaeffer word die Weste voor 'n keuse gestel om of die Nihilisme te aanvaar of om 'n Eksistensiële sprong te maak vir die verstaan van 'n Godheid en 'n Godgeskape heelal waarin die mens 'n sinvolle bestaan voer.

Mynsinsiens verskaf - The God Who is There - 'n hoogs intellektuele basis vir geloof in God tenspyte van die skommelinge op die geloofsfront.

Liza

Michael said...

Liza,

Ek sal verseker die boek bestel. Vandag het ek weer die lesings oor Schaeffer begin luister en dit het daar ook duidelik geword dat "The God who is there" is 'n absolute moet vir enige iemand wat wil dink oor God in ons wêreld van vandag.

Dankie vir jou boek verwysing, dit was hoekom ek die gesprek begin het.

Ek hoop ons gesprek vriende doen dieselfde. Dalk moet die Pretorianers my laat weet hoeveel boeke ek by Amazon or Kalahari moet bestel sodat die posgeld minder is.

Groete,
Michael.