Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/20/2008

misdaad en godsdiens

In ons land van vandag waar ons hoor van honderde misdade daagliks,kan ek myself nie indink hoe mens kan oorleef as jy nie geloof in God het nie.Ons doen alles menslik moontlik om onsself te beveilig en soms voel dit ook vir my na 'n gejaag na wind.
Die voeling is soms van mense wat nie naby aan God is nie dat lelike dinge nie met christene moet gebeur nie.Dit is egter nie waar nie.God laat alle dinge toe en wanneer daar iets skokkend met 'n Christen gebeur,is God saam met jou in daardie situasie.God het 'n plan vir jou lewe en al is dit net om jou geloof weer te versterk dan het dit die gewensde uitwerking gehad.
Ons moet besef dat die bloed van Jesus ons beskerming is en dat dit ons plig is om die Woord te versprei.
Ons moet nie die land wil verlaat agv. die baie misdaad nie,ons moet gelowig genoeg wees om te weet dat God besig is om 'n verandering in die land te bring en dis ons, die christene, wat die voorbeeld van,
Geloof in die Allerhoogste, aan die ongelowiges moet uitdra.

7 comments:

Mart said...

Hi Elma

Ek hoor was jy sê. Dankie vir 'n nice nuwe onderwerp!
Ek dink dat die geweld wat in Suid-Afrika gepleeg word, ook oorspoel na geweld wat teenoor mekaar in die gesin, huwelik, skole en op sekere internet forums teenoor mekaar gepleeg word.

Sonder om na 'n ou vrou te klink, wil ek dit stel dat die woord "respek" nie meer dieselfde betekenis het as lank gelede nie. Mense maak mekaar ongelooflik seer en tree soos bullebakke op.

Jy is reg. Om weg te vlug help nie regtig nie. Ek sê altyd vir mense: "Moenie my vertel hoe groot jou probleme is en my daardeur probeer beïndruk nie. Wys my eerder wat jy poog om aan jou probleme te doen." ... Not so?

Groete
Mart

Michael said...

Hallo Elma,

Ek moet so 'n bietjie verskil van Mart. Ek dink ons land se geweldstoestand is baie nader aan dieselfde geweld wat gepleeg is teenoor die Romeinse ryk deur ons voorouers in Europa.

Die kern van die geweld is myns insiens gesetel in gemeenskappe wat totaal vervalle is en buite die beskawing funksioneer. Let wel ek sê buite die beskawing en maak geen melding van "on"beskaafd nie.

As daar van hierdie tipe "buite" beskaafde gedrag deel van ons samelewing word kan dit maar net wees omdat mense nie kan sin maak van die geweld in ons land nie.

Die oplossing wat ek sien is eenvoudig. Gemeenskappe wat as teelaarde dien vir hierdie kriminele gedrag moet deur die Evangelie beryk word net soos wat ons voorouers ook deur die Evangelie tot 'n beskawing gebring is - die Westerse beskawing.

Daar het julle my oplossing. Ek is nie 'n humanitêre evangilis nie, maar ek glo dat 'n kragdagige boodskap teenoor mense wat buite ons unieke Suid Afrikaanse beskawing funksioneer is kardinaal in 'n oplossing, vir almal in ons reënboog land.

Groete,
Michael

Mart said...

'Skuus Elma,namens ALMAL hier: Baie, baie welkom op ons almal se blog! Mag jy baie gelukkig hier wees en pitkos vir jou siel kry....

Groete
Mart

Mart said...

Ek wonder hoeveel van ons op hierdie blog was al in misdaad situasies. Verder wonder ek hoe dit hanteer was. Op sielkundige vlak neem dit tot jare om van die skok van ernstige misdaad te herstel.

Enige raad oor hoe mens dit verwerk?

Henrietta said...

Dankie vir hierdie bemoedigende woorde, Elma! Twee waarhede tref my spesifiek: Self kan ek getuig dat die Here 'n mens dra deur selfs die heel ergste wat 'n mens kan tref; en die tweede is dat ons waar ons ookal is, vir Hom 'n getuie moet wees , soos wat ek iewers gelees het: "Bloom where you are planted!"

elma said...

Ek stem saam met Michael dat die Evangelie hierdie krimenele moet bereik.Dit is duidelik dat hulle slegs op die materiële ingestel is.Hulle meet hulle eie waardigheid aan besittings en wat hulle nog kan inpalm.Daar word geen respek vir menslewens getoon nie.As hulle JESUS ontmoet sal die leemte in hul eie hart gevul word.

Mart oor jou vraag oor hoe om dit emosioneel te verwerk,dit is 'n groot saak!Ek dink GOD bring ook sekere dinge oor mens se pad sodat ons nader aan HOM kan kom.

Soos Henrietta gesê het,ons is daar om SY Woord uit te dra en in so 'n situasie word daar die geleentheid daarvoor geskep.

Verder moet ons net besef dat ons lewens in SY Hande is en as ons bid vir beskerming en glo,dan sal tienduisend man om jou val maar jy sal nog steeds staande bly.

Groete
Elma

Mart said...

Elma sê: "Verder moet ons net besef dat ons lewens in SY Hande is en as ons bid vir beskerming en glo,dan sal tienduisend man om jou val maar jy sal nog steeds staande bly."

What more can I say? Elma, jy het dit skitterend saamgevat!

Groete
Mart