Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/20/2008

Kuns en godsdiens

Kuns en religie is al van oudsher af nou aan mekaar verbonde. Kuns is dit wat gemaak word om een of meer van die menslike sintuie, maar ook die menslike gees , te prikkel. Dikwels word die kwaliteit van 'n kunswerk dan ook gemeet aan die aard en mate van prikkeling wat dit te weeg bring. Tydlose meesterwerke in die kuns voldoen in hoe mate hieraan.

Harmonie word ook dikwels geassosieer met kuns. C.S. Lewis het eenkeer gese: "The principle of art has been defined by someone as 'the same in the other'." This seems to sum it up nicely. 'The same' speaks of harmony, while 'the other' speaks of something worth harmonizing; unity in diversity.

Bybelse verhale of temas vorm dikwels die basis van kunswerke. As mens vinnig dink, is van die volgende wat die gedagte binneskiet:
Michael Angelo fresco in die Sistynse kapel Die skepping van Adam en sy standbeelde van Dawid en die Pieta. ‘n Ander bekende kunstenaar is Leonardo da Vinci wat bekend is vir sy Mona Lisa maar ook ewe bekend vir sy skildery van die Laaste Avondmaal .

Kerke self is kunswerke , om maar net een te noem, die Notre dame in Parys, Frankryk. Digters en skrywers weef hierdie indrukwekkende kerk in hul werke in, soos Victor Hugo wat “ The hunchback of Notre Dam” geskryf het.

Ek is seker ander van julle sal baie meer hieroor kan uitbrei, veral oor musiek en godsdiens.

No comments: