Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/10/2008

Kan "woorde" mense verander?

In die onderwerp oor die "siel en die brein" doen Michael aan die hand dat ons 'n aparte draad oopmaak oor dié onderwerp. Ek is seker enigeen wat hier lees, kan bevestig dat woorde 'n mens kan beïnvloed en sal kan getuig van hoe "woorde" 'n verandering (ten goede of ten kwade) in mense se lewens gebring het.

Ek onthou byvoorbeeld dat ek gelees het van 'n meisie wat aan anoreksie gely het en wat vertel het hoe dit alles begin het: Sy was op laer skool 'n hekkies atleet en toe sy in Graad 7 kom, kon sy glad nie meer so goed presteer nie. Haar atletiek-onderwyseres het toe gesê: "Dis omdat jou stêrre so dik geword het" . Nodeloos om te sê, daardie ongeërgde opmerking het gemaak dat die meisie obsessief geraak het oor haar gewig en al minder en minder begin eet het om gewig te verloor en beter te presteer...

Die Bybel self sê in Spreuke 18 vers 21 (Ou Vertaling) : “Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.”

Dink ons ooit doelbewus aan die "mag" van woorde, en is ons bedag op wat ons sê en, dalk onbewustelik, oor mense uitspreek?

1 comment:

Mart said...

O, ongetwyfeld kleef woorde aan die siel. Dink maar self wat mense oor jare heen vir mens gesê het. Ons kan seker almal selfs sekere onderwysers se woorde onthou!

Gedagtes word woorde en woorde word dade...Die krag van woorde is groot. Dis juis bv. iemand se woorde wat my 'n sekere gespreksforum vir 'n tyd laat verlaat het.

Verbal abuse het bv. 'n baie betekenisvolle uitwerking op geestesgesondheid. Dit neem psrty mense jare om met ander mense se woorde te cope...

Mart