Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/18/2008

Interessante inligting

Kletskerk was so gaaf om aan ons 'n bietjie publisiteit te verleen, toe het ek gedink ons kan gerus respondeer. Hier is 'n bietjie interessante inligting. Die afgelope 7 dae is 54 drade oopgemaak of op bestaande drade reageer. Die drade met die meeste aktiwiteit is soos volg:

Net 8 drade het meer plasings as "ons" draad, maar nie een van hulle is so "jonk" soos "ons" draad nie. Behalwe vir die 14 drade is nie een langer as 5pp. nie.

In ligte luim, 'n draad vir humor 1.2.2006. 74p. 1096 posts
Rom. 1: wat is sonde? 11.8.2008. 11p. 163 posts
Kletskers se geheime splintergroep 16.8.2008. 7p. 92 posts
Boom van die lewe. 10.8.2008. 10p. 147 posts
Moreletapark en 'n haan wat kraai. 13.8.2008. 5p. 67 posts
My gebed vir die week. 18.4.2006. 12p. 168 posts
Afrikaans, - 'n kombuistaal? 7.8.2008. 5p. 62 posts
Groete en dank aan mense en veral aan Jean. 12.8.2008. 5p. 66 posts
KK'ers se briljantste sêgoed. 23.1.2008. 7p. 97 posts
The enemy within. 6.8.2008. 8p. 106 posts
Die hofsaak. 14.7.2008. 6p. 77 posts
Hoekom stry oor iets / iemand wat nie bestaan nie? 6.8.2008 7p. 103 posts
Aan al die nuwelinge, welkom op Kletskerk. 2.7.2007. 13p. 195 posts
Gelowiges se ontnugtering met Kletskerk - moet jy quit? 25.1.2006. 6p. 85 posts

Ek hoop die pyplyn na Kletskerk, waardeur hulle hier kopieër en daar plak, bly oop en ongeskonde, want ek wil graag weer die URL gee wat hierdie merkwaardige prestasie, sekerlik een of ander rekord, behaal het. Dit is: http://onsgeloofgesprek.blogspot.com/. Aan al ons geheime provokateurs daar, dankie dat julle die gesprek so lank aan die gang gehou het.

Daar is oor my ook gepraat. Nou, ek besef dat hier of daar geen outobiografie forum is nie, maar net die volgende: Dis juis a.g.v. 'n gebrek aan selfcontrol en die opneem van eie verantwoordelkheid dat die wêreld in die gemors is waarin dit is. En ek is 'n sterk voorstander daarvan dat, as jy jouself nie kan beheer nie, dan moet iemand anders dit maar vir jou doen. Dit is die gebrek aan control op KK m.b.t. die verontagsaming van baie se geloofsoortuigings en respek vir hulle karakter wat teen diesulkes daar tel, wat my betref.

Die volgende is die beginsels wat my rig om op die blog deel te neem:


- Ek oefen my reg tot vrye assosiasie uit.
- Ek verbind my tot selfbeheersde inhoud in my plasings om sodoende lastering teen die Naam van die Here te vermy.
- Ek verbind my self tot verantwoordelike deelname om sodoende niemand te verneder deur verkleinerende opmerkings teenoor hom / haar of sy oortuiginge te maak nie.



As dit jou aanstoot gee, "frankly, my dear…."

No comments: