Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/14/2008

Humor

Jongetjie kry saam met ds. en gesin rygeleentheid huistoe na sondagaand kerk ek sit aspris agter langs sussie wat hy natuurlik lankal wil doen. Hy probeer vir ‘n bietjie van ‘n tasbare en gevoelvolle nadere kennismaking. Sy fluister dringend “Joh. 13:27b.” Na hierdie onverwagte en ongewone reaksie verstar hy eerder aangesien hy nie die aanhaling ken nie en tog nie ‘n swart merk teen sy naam by die ds. wil hê nie. Ken jy die aanhaling? By die huis gekom gaan kyk hy ewe nuuskieriglik. Daar staan ” "Wat jy wil doen, moet jy baie gou doen!"

5 comments:

Mart said...

He-he-he!
Goeie een, Yf!!

Mart

Liza-Nel said...

Dis een versie wat boetie beslis nooit sal vergeet nie. :))))))

Liza

Liza-Nel said...

Die oom en dogter staan langs die graf van die tannie wat van nature maar erg befoeterd was...
'n Donker weer steek op, die blitse slaan en die weer donder verskriklik.
Seg die oom vir die dogter: “Lyk my mammie het daar aangekom.”

Alet said...

Haha!

Binne en buite konteks is altyd 'n lekker een om mee te speel. Veral as dit by Bybelversies kom ;). Sal daai een onthou Yf.

Alet ***

Yf said...

Gie...gie...Gie! Liza.

Twee ou tannies, lewenslange vriendinne, gesels na die kerkdiens:

Mabel: Die diens was so lank en vervelig en die banke so hard, my boude het aan die slaap geraak!

Heibreggie: Ek weet, ek het hulle twee keer hoor snork!

Dis die wonderlike van egte vriendskap. Die een vriendin weet presies wat die ander een gedoen het maar laat haar die op so 'n manier weet dat sy weet maar dat alles oraait is tussen hulle, sonder om na enige onsmaaklikhede te verwys.