Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/26/2008

Hoe lyk vandag se "weduwees en wesies"?

In die sout van die aarde gesprek het ek myself in 'n hoek geverf en hoop dat julle my daaruit sal kan help. Persoonlik wil ek 'n oplossing vind in allerhande dinge, maar die geskiedenis van die Kerk van Christus wys weer en weer dat die oplossing lê in die eenvoudige liefdes dade, soos om vir die weduwees en die wese te sorg.

My vraag is egter, "Hoe lyk vandag se "weduwees en wese"?"

9 comments:

Michael said...

Daar is nog 'n vraag wat ek moet vra. Wat is die gevare van humanistiese humanitêre aksies?

Dan moet julle my ook help met die feit dat ek WEET dat ek nie 'n humanitêre karakter het nie. Wat ek bedoel is dat as my hart uitgaan na mense dan wil ek 'n oplossing kry wat blywend is en nie my energie mors op "band-aid solutions" nie.

Groete,
Michael

Henrietta said...

Ja, HOE lyk vandag se weduwees en wesies?

My werk bring my by van die armste onder die armes in Suid-Afrika. Hier in die landelike gebiede in Limpopo is natuurlik ook "ware" weeskinders, (meesal VIGS wesies) maar hier is 'n ander klas "weeskinders:

Daar is baie baie baie meer kinders as hierdie ware wesies, wat by grootouers (gewoonlik net 'n ouma) gelos word terwyl ouers op plase of in stede werk, en wat soms net "month end" huis toe gaan en dikwels net 'n ou handjievol geld by ouma se pensioen sit wat dan vir die volgende maand moet hou....

Verlede jaar het Limpopo se minister van onderwys , Dr Motswaledi, wat hy noem "scary statistics" gegee: Ondersoeke in landelike gebiede in SA het getoon dat gemiddeld 8 mense afhanklik is van een persoon se inkomste - Limpopo se gemiddels is 12 en in my werksgebied (Greater Sekhukhune) is 16 mense van een persoon se inkomste afhanklik, in die meeste gevalle 'n enkele persoon se staats-ouderdomspensioen - voorwaar "scary" , né?

Hierdie afgryslike armoede het allerlei uitlopers: jong-jong skooldogterjies word deur oumas aangemoedig om kinders te hê, (resep vir 'n VIGS-ramp) want die R170 per kind kan haar pensioen aanvul... Op "grantsday" loop sommige hoërskole leeg want dan gaan die meisies hul toelaes haal, en die pa's (skoolseuns) gaan saam om ook sy deel van die "grant" op te eis....kosbare les- ure wat verlore gaan...

'n Ander ding wat gebeur is byvoorbeeld in gebiede met myne soos Burgersfort, bly skoolmeisies saam met mynwerkers, en maak vir hulle kos en doen hulle wasgoed. Vir hulle is dit hemel op aarde in vergelyking met die omstandighede waar hulle bly - hulle raak ook dikwels swanger. Weer broeineste vir VIGS....

'n Nog erger ding wat nou hier begin kop uitsteek, is buitelanders wat betaal om met die meisies te trou, en minstens twee jaar getroud bly sodat hulle SA burgerskap kan kry - dit is dikwels "drug dealers" en ander skelms , wat baie geld het en weer word die armstes onder die armstes die slagoffers in hul desperaatheid om 'n ekstra geldjie te bekom....

Die meeste laer skole is van hierdie jaar af "no school fee schools" (sg Q1 skole) en al hierdie skole het skoolvoedingskemas (waar ook baie korrupsie by betrokke is -storie vir 'n ander tyd!). Maar waar kry kinders kos in die vakansies?

Ek lê baie nagte wakker as ek van so 'n trippie af terugkom en dan spook dit wat ek gesien het, oor en oor by my...

Wat my keer op keer tref , is die mense se onblusbare gees, hul blymoedigheid te midde van die haglikste omstandighede, hoe hul hul waardigheid probeer behou met kraakskoon gelapte klere of om byvoorbeeld hul flenterskoene blink-blink te hou op die stowwerige speelgronde..

Michael said...

Henrietta,

Dit is presies die prentjie wat ek nodig het om te sien. Maar soos ek genoem het ek wonder hoe die Kerk van Christus daar betrokke is. Dit gaan nie vir my so seer oor wat hulle doen nie, maar eerder wat die strategie is.

Wat is julle organisasie se strategie en doelwitte?

Groete,
Michael

Louis said...

Michael, jy sit "weduwees en wesies" in aanhalingstekens. Wat is jou definisie van weduwees en wesies? Tel vrouens en kinders wie se mans en pa's tot laatnag werk, speel of agter die rekenaar is ook vir weduwees en wesies? Wat van geskeides?

Ek waardeer Henrietta se reality check. Dit onderstreep dat daar 'n groot uitdaging is vir die kinders van God in SA. Daar is egter 'n groot groep weduwees en wesies baie naby aan die huis wat dikwels deur die krake van die definisie val.

Groete,
Louis

Henrietta said...

Hallo Michael!

Ongelukkig is die "geldpot" nie in ons hande nie, en kan ons dus nie fisies iets doen nie :(((( Tog voel ek dat daar baie maniere is waarop mens jou Christenskap kan uitleef: ook deur mens se woorde en gesindheid (Mat 12:35-37; Fil 2:5-8).

Ek is 'n "supervisor" (oudtydse skoolinspekteur). Wat ek en my kollegas as Christen onderwyskundiges doen, is om toe te sien dat stelsels wel in plek is. Wat ons die meeste van die tyd die laaste paar jaar by hoër skole doen, is om disfunksionele skole te besoek, te kyk wat veroorsaak die disfunksie en strategië vir sukses saam met individuele skole te bepaal.


By laer skole is ons dienste (wat die onderwerp betref) ietwat anders : daar is dit om te kyk dat "service providers" wel hul dienste lewer soos voorgeskryf (alles moet skoon wees, en hulle moet byvoorbeeld verrykte brood, verrykte mieliemeel en VARS groente gebruik - wat hulle nie altyd doen nie).

Kokke en tuiniers word opgelei en dan moet ons kyk dat hulle hul kennis inploeg by skole en nie om hulself te verryk nie.

Ons kry baie geleenthede om groepe onderwysers en veral matrikulante toe te spreek, en hulle het nog nooit geweier dat ons met gebed open of afsluit of 'n Christelike boodskap bring nie, wat ons dan ook doen. Wat ons ook doen is om 'n Christelike boodskap van hoop te bring, om onderwysers en veral matrikulante, te motiveer, te inspireer en moed in te praat.

Daar is tog mooi verhale: By 'n skool buite Hazyview tydens paneelinspeksie het ek 'n onderwyseres ontmoet (sy het in 2004 'n spesiale toekenning gekry ) wat 'n boek gehad het met die name van elke kind wat óf een óf albei ouers verloor het, en waar sy in detail boek gehou het van elke beradingsessie wat sy met hierdie kinders gehad het.

Henrietta said...

So sout- erig praat (hehehe!):

Kol 4:6 Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.

Mart said...

Vandag se weduwee's en wesies lyk nog presies dieselfde as altyd.

Die vraag is: Wat doen jy aan die situasie?

Gee jy geld vir straatkinders by rooi robotte?
Neem jy eerder deel aan georganiseerde welsyns-projekte?
Skenk jy jaarliks geld aan behoewende instansies?

OF

Sit jy gerieflik in jou huis en kyk ander pad?

Michael said...

Hallo Louis,

Dit is presies waaraan ek gedink het. Dit is net 'n voorbeeld wat in die Bybel gebruik word. "Weduwees en wesies" staan verseker vir 'n baie spesifieke klas van mense deur wie Christene die hele wêreld kan beinvloed.

Dit is hierdie klas wat ek wil definieer.

Groete,
Michael

Louis said...

In die geval dat die definisie van weduwees en wesies, diegene insluit wie se man en pa nie fisies gesterf het nie, het ek 'n paar praktiese voorstelle:

- Moet, in die eerste plek, nie jou eie vrou en kind wees laat nie. Wees 'n voorbeeld vir jou kollega. Dit mag soms beteken dat jy sal moet opstaan vir jou gesin se welstand.

- Moenie, deur jou toedoen, veroorsaak dat jou ondergeskiktes se familie wees gelaat word nie.

- Vermaan, in liefde, diegene wat vermaning nodig het.

- Ondersteun of inisieer werksaksies wat die hele gesin akkomodeer.

Ek is seker daar is nog maniere.

Om geld na iemand te gooi wat 'verhouding' nodig het, is soos om 'n reddingsboei te gooi na die ou wat van die dors sterf. Jy kan nie vir duisende mense verhouding gee nie - ons drie dimensies laat dit nie toe nie - maar jy kan dit vir ten minste een mens gee. Begin by een.