Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/21/2008

Gunstelinge, in die Woord of enige gewyde lied.

Dit word gesê dat een van die mees geliefde dele in die Bybel, wat mense selfs op hul sterfbed opsê, is Psalm 23. So kan elkeen van ons seker bepaalde gedeeltes in die Bybel opgee as “gunstelinge”.

Vir my hang dit tot ‘n groot mate af van omstandighede. Party dae wil ek sommer soos my kleinkinders “My God is so groot , so sterk en so magtig, daar’s niks wat my God nie kan doen!!” met gepaardgaande gebare kliphard uitsing. As ek iewers vrou-alleen op die pad is, sê ek (dankie tog vir kleintyd se uit-die-kop-uit-leer!) graag Psalm 91 (Ou Vertaling) op.

Vanoggend het dele uit Psalm 37 weer vir my baie beteken:

Opskrif: Laat jou lewe aan die Here oor. Van Dawid.
1.Moet jou nie so ontstel oor skelms en jou so kwel oor skurke nie,
2.want soos gras vergaan hulle gou en soos groenigheid verdwyn hulle sommer.
3.Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort.
4.Vind jou vreugde in die Here en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.
5.Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom, Hy sal sorg.
Vers 8: Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie onstel nie: dit bring net ellende.
Vers 13: Die Here lag vir die goddeloses, want Hy sien hulle dag kom.
Vers 23-24: Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom. As so iemand val, bly hy nie lê nie want die Here help hom op.

Ag hoe heerlik om mens te verlustig in die Woord van die Here! Ek kan heeltemal verstaan dat Dawid soveel kere na die Woord van die Here verwys in die langste Psalm, 119. Neem byvoorbeeld die welbekende vers 9: "Hoe kan 'n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te huo aan U Woord!" Ook Ps 119 vers 89: "U Woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel."

2 comments:

Mart said...

Onthou julle hierdie Halleluja liedere?

Blye Verseekring
Doen Slegs U Wil Heer
Bring My Die Ou-Ou Tyding
Strome Van Seen Van Bowe
Jesus Roep My Vir 'n Sonstraal
Wat 'n Vriend Het Ons In Jesus
Nader My God By U
Nader, Steeds Nader, Na Aan U Sy
Staan Op, Staan Op Vir Jesus
Voorwaarts Christenstryders
Laat Ons Skyn Vir Jesus
Jesus Min My, Salig Lot!
Al My Twyfel Bring Ek Jesus
Dit Is Wel (As Vrede My Pad)
Gaan My Nie Verby, O Heiland
Moet Ek Gaan Met Lee Hande
Daar's 'n Dierbare Kruis
Jesus Hou My Hand, Ek Is So Swak
As Die Lewensstorme Woedend
Hou U My Hand, Ek Is So Swak
Ek Sien 'n Poort Wyd Ope Staan
Net Soos Ek Is, Geen Hulp Naby
Ek Kan Hoor My Heiland Roep My
Saggies En Teer
As Hy Weer Kom, As Hy Weer Kom

Groete
Mart

Mart said...

Op laerskool verjaarsdagpartytjies was my opwinding groot. Al die maters se partytjierokkies, groot gekleurde linte in my lang hare, kouse en blink gespe-skoene, rooi ballonne, groot cup cakes, gekolde tafeldoeke, plastiek koeldrankglasies, wit kersies op die verjaarsdagkoek...

As ons "Veels geluk liewe maatjie" begin sing het, het ons deur die singery al harder en harder begin sing, totdat ons by "...mag die Here jou sie-jen, en nog BAIE jare spaar" gedeelte gekom het, want dit was net voordat ons met hompe koek in ons monde, gillend op die see-saw gaan ry het...

♪♪♪♪

Mart