Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/19/2008

Godsdiens saam met swart gelowiges

Ek het onlangs die geleentheid gehad om saam met swart gelowiges te aanbid.Dit was 'n eerste vir my, en 'n geweldige ondervinding.

Ons kerk het met die idee vorendag gekom om gelowiges van verskillende rasse informeel te laat saam kom en sommer net te gesels en te bid. Goed, ek besef dat ras seker nie eers in die equation behoort in te kom nie, maar in SA het ons BAIE ras issues. So, met 'n bietjie wedersyde wantroue van beide kante het dit aanvanklik maar sukkel-sukkel gegaan, maar ek is bly om te rapporteer dat dinge later aan heel vlot verloop het.

Dit is verbasend waaroor ons gesels het, en hoe die rasseverskil mettertyd vervaag het. Omdat ons almal, swart en wit, nog moerse ras issues het,probeer ek nou nie voorskriftelik te wees en almal as te ware aanmoedig om 'n bus te huur en Soweto se kerke binne te val nie, maar as jy nog soos ek soms met ras sukkel, daag ek julle uit om op geloofsvlak die hand uit te reik en die water te toets, dit was vir my grensverskuiwend.

Of, soos nou die dag by 'n besigheid, waar 'n swart mama sommer spontaan voort gegaan het in gebed by 'n aanvanklik verbaasde groep mense, en later het almal gegrap en die vibe was sommer net goed.

Wat besonders goed sal wees is as ons Loftus met swart en wit gelowiges kan volmaak.

2 comments:

Henry said...

Hi Bertus,
Ons het onlangs hier naby ons by die plaaslike Methodist church betrokke geraak en daar kom gereeld swart mense na die dienste toe.

Om een of ander rede, lyk dit vir my is die Engelse kerke meer geneë om swartmense in hul gemeentes te akkommodeer.

Ek dink dit het deels iets te doen met die erediensbediening. Min swartmense verstaan Afrikaans en sien dit nog eintlik as die taal van die verdrukker. Ook is meer van hulle Engels magtig as wat hulle Afrikaans magtig is.

By Moreletapark, waar ons voorheen ingeskakel was, het hulle 'n diens spesiaal vir swartmense, bedien deur 'n swart pastoor en in hul eie taal, om 12:00 in die middag, gehad.

Groete,
Henry

Michael said...

Ek het nou al baie na ons land se reënboog gekyk. Van naby en van ver. Wat my al hoe meer opval is dat kultuur verskille baie swaarder weeg as ras verskille.

Dit is heerlik om te sien hoe God ons almal anders gemaak het. Om dit te kan fier in SA is moeilik omdat ons soveel bagasie het en so bedreig voel.

In Christus word die sonde en die bedreiging sommer klein in die agtergrond en dan is daar net verwondering oor wat God in mense groepe en hul kulture ingebou het.

Groete,
Michael
P.S. Bertus het laat weet dat hy sal terug wees as die storms oor gewaai het.