Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/29/2008

Evangelie aan die postmoderne mens



“Postmodern people need a God-image which can be identified with the quest for humaneness, justice and meaning. Such a God-image should recon with a relational hermeneutics which deals with friendship, companionship, partnership, ‘ubuntu’ and empowerment”. (D.J. Louw, 2000. Meaning in Suffering, p.201).

(En ja, ek weet sommige mense sê ons is al “post” postmodernisme… )

Al glo ek graag dat daar nie veel van ‘n “generation gap” tussen my en my kinders en kleinkinders is nie, besef ek maar al te goed dat “tye verander” het…. Kom ons aanvaar Louw is reg, die postmoderne mens het ‘n ander aanslag nodig. Dan wil ek graag vra: Waarom is ‘n ander aanslag nodig, wat was “verkeerd” ? Is die Bybel se boodskap nie “tydloos” nie? En hoedanig moet ons benadering wees?

4 comments:

Lills said...

Hi Mamsie!

Nee, ek dink nie ons aanslag is verkeerd nie, ek dink ook nie dit was ooit nie. Ek dink soos die tye verander is daar ander middele wat mense "stimuleer" of hulle aandag vang.
Ek glo ook die Bybel se boodskap is TYDLOOS, dis meer HOE die boodskap oorgedra word wat verskil.

Die uitdaging le daarin dat ons met soveel middele moet compete: tegnologie ("with the touch of a button") al die groundbreaking navorsing tot op hede, ander gelowe wat soos 'n "makliker" uitweg lyk...
Dit maak die benadering 'n bietjie van 'n kopkrapper soms, want wat die ouer garde se aandag gevange gehou het, sal die jonges bestempel as "boring".
Jesus het gese: Matt 10:16 [amp] "Be wary and wise as serpents and be innocent, harmless, guileless and without falsity as doves"
Daarmee se ek nie dat mens die Boodskap moet "sugarcoat" nie, maar soms is dit nodig om bietjie met 'n ompaadjie iemand se aandag te kry.
Dis nou 'n hele paar jaar wat ons die term gebruik van "experiential learning" en dis 'n wonderlike tool om dan die tydelose boodskap te bring.

Om aan te sluit by Louw (die oorspronklike aanhaling) glo ek wel in wat ons noem: "friendship evangelism".
In ons bediening word ons eers vriende met 'n persoon, VOORDAT jy hom/haar overpower met die Woord. En ek dink nie dis so 'n nuwe begrip nie. Die tydloosheid van die Bybel l^e juis daarin dat ons deur al die eeue heen nogsteeds die beginsels toepas.
So, om dit saam te vat: ek dink die benadering is dissipelskap. Om 'n pad saam met iemand te stap en die "reg" as vriend te he om hom te vermaan, te korrigeer, te teach... IN LIEFDE.

Michael said...

As die post-naturalistiese kampvegter wat ek is, is ek ook oortuig dat postmodernisme is iets van die verlede, daarom wil ek Louw se stelling nie in terme van die konsep van postmodernisme sien nie. Louw kon dieselfde standpunt gemaak het sonder om die konstruk in te bring.

As ek na myself kyk dan verander ek die heeltyd, ja dinge raak vir my meer gevestig in sekere terreine maar tog soek ek dieheeltyd.

Dit is vir my belangriker om idiologië teen mekaar op te weeg en vir my kinders te leer hoe om dit te doen. Dit is baie cool, aangesien dit amper is soos om 'n image te kies wees. As dit oor idiologeë gaan dan is daar 'n sterk funksionele, sterk logiese en 'n emosionele sy aan. Hoe kies ons die klere wat ons aan trek? Hoe kies ons ons geloof?

Postmodernisme het nie geworrie oor HOE jy kies nie, dit is net geworrie DAT jy gekies het. In 'n wêreld wat net om JOU of die INDIVIDU draai is postmodernisme nie 'n probleem nie, maar in 'n wêreld wat verantwoordelikheid vir die totale eksterne omgewing neem, (fisies die aarde ens, en metafisies ons ganse ervaringsveld), werk postmodernisme eenvoudig nie.

Die beste voorbeeld wat ek kan gee is die verwandskap tussen die tipiese relatiewistiese stelling "wat vir jou REG is is nie noodwendig vir my REG nie", en morele verval. Ouers gee effektief toe dat kinders 'n idiologie van anargie kies, net omdat hulle darm gekies het en dit vir hulle dalk REG mag wees.

Groete,
Michael
P.S. Die Afrika kultuur is ook glad nie geworrie oor HOE hulle idiologië kies nie, maar net DAT hulle gekies het. Dit is 'n tipe kollektiewe postmodernisme wat lyk of dit van altyd af sistemies deel van hulle uitkyk was. As 'n voorbeeld kan ek maar net verwys na hulle totale onverantwoordelikheid teenoor die omgewing. Julle is welkom om te verskil, maar ek is gereed met bewyse vir hierdie stellings.

Henrietta said...

Môre Lills, liewe skat! Lekker om hier van jou hoor EN dat jy van julle eie ervaring en ondervindings praat - wat jy sê, maak dus soveel te meer sin.

Dit herinner my ook aan iets kosteliks wat ek gelees het:

"Don't talk to people about God, before you have talked to God about about those people".

Michael, jou opmerking het my weer laat dink oor iets wat al lankal in my agterkop spook: dat geleerdes een of ander sweempie van 'n stroming raaksien IN HULLE BEPAALDE WERELD , en dan begin hulle mense in "boksies" druk, of labels om hulle nekke hang - massas ("Afrika") mense waar my werk my elke dag vat, het nie 'n koeking kloe van "post-modernisme" nie - ek sien by hulle niks soos in hoegenaamd niks, van die tekens van postmodernisme soos dit in die algemeen gedefinieer word nie.....

By julle altwee lees ek iets van die "hoe" van die boodskap bring... Ek is mal oor 'n liedjie van Prophet, met die volgende reëltjie daarin: "Moruti, bring die Woord, maar bring ook die brood... "

Michael said...

Hallo Henriette,

Ek hou ook nie baie van akademiese labels nie. As jy nie jou eie werkende definisie kan maak vir die begrip wat jy gebruik dan help dit nie jy kruip agter 'n universele definiesie weg nie.

In my plasing hier bo het ek postmodernisme in my eie definisie ingedruk... "HOE kies jy idiologië teen oor, KIES ten minste idiolofië, maak nie saak hoe nie". Dit is in hierdie lig dat ek dit toegepas het op Afrika kultuure.

Noem dit dan sommer epistemiese onverantwoordelike optrede (postmodernisme) teenoor epistemiese verantwoordelike optrede (modernisme gekombineer met post-naturalisme).

Dit kom daarop neer dat daar is 'n regte mannier om God te dien... Hy vertel ons daarvan en die boodskap is universeel en bevestig in menslike terme deur Jesus Christus.

Groete,
Michael
P.S. As ek van God as 'n absolute waarheid praat maak ek nie asof ek daardie absolute karakter aangeneem het nie. Ek soek dit maar net met die wete dat dit bestaan, in my soeke is ek maar net so onstabiel soos enige iemand anders.