Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/22/2008

Egskeidings.

Vanoggend, tydens ontbyt, is Jane (my amper 3-jarige) nog effe aan die slaap, terwyl sy in Mamma (wat besig is om ontbyt te maak, so met die een hand) se arms is, toe sy skielik lostrek met 'n "Pappa my vashou" en dit nadat sy laasnag so naby aan 'n pakslae by Pappa was. Moeggepraat was reeds gehaal gewees en Pappa was oppad om die eerste hou toe te dien, maar Mamma keer toe. Nodeloos om te sê, Pappa het nie 'n goeienagsoen gekry by Jane nie. Met deernis, het Pappa oorgestap na haar toe en haar by Mamma geneem en haar teen sy bors vasgedruk en daar gehou, totdat Mamma klaar ontbyt gemaak het. So onvoorwaardelik is die liefde van 'n kind vir 'n Pa en 'n Ma, wat ook vir haar lief is. Is dit nie tipies hoe ons God moet liefhê nie. Hy is mos ons Pappa. Dit verleen aan Agapè (Goddelike liefde) 'n nuwe dimensie.

Dit het my onwillekeurig weer laat dink aan hoe erg 'n egskeiding vir 'n kind, selfs van daardie ouderdom moet wees. Gestel ek het nou om een of ander rede van vroulief geskei en ek was nie daar vir Jane nie. Wat sou deur daardie klein gemoedjie gegaan het? Dink mense wat skei (en as ek nou onwillekeurig, of willekeurig op mense se tone trap - jammer daaroor) daaraan wat so 'n egskeiding aan ander mense doen, soos bv. waar kinders betrokke is. In my geval, sal ek dit nie eens oorweeg nie. Ek en my vrou het in beginsel besluit dat egskeiding nie in ons woordeskat bestaan nie. Sy sal dit ook nie eintlik waag nie, want ek kom werklik baie goed met my skoonouers oor die weg en sy het al per geleentheid erken dat haar ouers haar sal onterf as sy van my sou skei.

Nou moet ek ook byvoeg, dat sy alreeds twee maal vantevore geskei is. Gelukkig is daar nie kinders van haar eie by enige van die vorige twee huwelike betrokke nie en sy het in elk geval nie met die vorige man se kinders oor die weg gekom nie. Wat dink julle?

2 comments:

Mart said...

Alhoewel egskeiding baie ontwrigtend vir kinders is, kan dieselfde gesê word van die dood. Wanneer kinders 'n ouer verloor, is dit traumaties.

Omdat kinders 'n ingeboude "resilience" het, pas hulle by omstandighede aan. Party neem langer as ander, maar uiteindelik besef kinders dat hulle eie lewens belangrik is.

Hulle toekoms hang van hulleself af, en nie van hul ouers, of die getroude status van hul ouers nie.

elma said...

Hello Mart
Ek stem saam dat kinders baie aanpasbaar is in so 'n situasie.

Ons weet dat God egskeidings haat,want hy het bedoel vir man en vrou om lewenslank saam te wees.

Die Woord laat egter egskeiding toe op grond van egbreuk en selfs wanneer die ongelowige party in die huwelik 'n egskeiding wil hê.

Deur God se Genade sal Hy die onskuldige partye in hierdie situasie versterk om 'n nuwe lewe te begin.

Kinders is baie naby aan God se hart en Hy sal hulle nooit alleen laat in ongewensde omstandighede nie.