Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/15/2008

Dinge oor plasings

Na volgehoue druk van die leergieriges onder ons het die juffrou my gevra om die volgende telematiese klas aan te kondig. Kom asb. nader, ons wil begin. Maar lyk my sy is nou so ver-stom deur julle spoedige en eenparige reaksie dat ek maar die woorde sal moet 'voer.'

Hierdie is g'n volksvreemde 'uitkomsgebasseerde' onderrig nie - geen uitkoms vir julle nie, julle bly net hier tot ek my gespreek gepreek het.

Heel bo aan die blogbladsy sal julle sien daar staan "search blog," "Flag blog," "Next blog" jou e-pos adres (dis jou "username") "New post," "Customize" en, of "Sign in" of "Sign out" Indien daar "Sign in" staan, moet jy dit eers doen, anders kan jy nie verder aan die telematiese leerproses deelneem nie. As daar "Sign out" staan, is jy gereed om voort te gaan. "Is there someone who wants to make a desparate excursion to the sanitary establishment? The two-foot rule applies - you get on your own two feet and you go!" Maar ons trap briek vir niemand nie.

Jy mag die hele bladsy lees, tot by die "useless knowledge" heel onder. Wat jy op die bl. sien, is aanbevole boeke (nie vir klaslees doeleindes nie), 'n verwelkomingsboodskap, die lys van onderwerpe en die name van die deelnemers.

Kliek nou op 'n onderwerp van jou keuse. Daar kan jy nou almal se kommentaar lees en self ook jou gewaardeerde bydrae lewer. Daar is n oranje blokkie, "publish your comment" of 'n blou blokkie "preview" Net bokant dit en regs van 'n klein blokkie staan daar "email followup comments to" en jou e-pos. indien jy wil sien watter hogere waardering mense vir jou unieke insig het, moet jy daar kliek. Dit gaan dit baie makliker vir jou maak, jy sal sien as die e-posse begin instroom.

Lê nou jou kennis elektronies vas sodat ons dit vir die nageslag kan bewaar. Kliek op die "preview" blokkie. Ek het geê die "preview" blokkie, nie die "publish your comment" blokkie nie. Kliek die blou sirkel lings bo op jou skerm om terug te 'blaai' na die vorige skerm en kliek op die blou blokkie. Dis die "preview" blokkie. Jy sal sien dat jou kommentaar heel onder aan die lysie van kommentaar is, in ertjiesop-kleur blokkie. (Ja, toemaar ek weet. Dis net dat party mense niks an ertjies of sop hou nie, maar hulle is gek na ertjiesop, dis hoekom die kleur so lyk. Daar staan nou "edit" of " publish your comment." Afhangende van wat jy wil doen, kliek jy op een van die twee keuses. Jy kan of jou teks redigeer, (wat jy seker wil doen, anders was jy nie op die skerm nie) en dit dan aan die blog pos.

Gaan nou weer terug na die skerm met al die kommentaar op. Jy sal sien onder elke bydrae, soos joune ook, is daar 'n klein asblikke-teken. Dis eintlik 'n makro sleutel wat jou in staat stel om jou bydrae uit te vee. Maar asseblief, moenie dit gebruk nie.

Verskoon my tog, ek moet nou die twee-voet reël toepas. Bespreek julle solank die fenomenologiese impak op julle eie lewens wat julle tot duser geleer het en gee asb. terugvoer wanneer ek terug is.

Vat middagete, ek gaan gou kooperasie toe.

Nou toe, hoe vinniger ons begin, hoe vinniger is ons klaar. Jy sal opmerk dat daar waar jy jou bydrae kan lewer, jy net kan kies tussen "bold, italics" en "underline" pretty ordinêr.

Gaan kliek nou op "customize."

Heelbo regs behoort daar nou te staan: Jou e-posadres, "Dashboard, Help" en "Sign out." Links, net onder dit staan daar: 'Ons geloof gesprek.' Reg onder dit is daar "Posting, Settings, Layout" en "View Blog"

Dit is alles 'knoppies wat jou instaat stel om sekere dinge te doen. Ek weet julle is almal haastig om vroeg huistoe te gaan, so ons gaan net op die eerste een "Posting," konsentreer. Hierdie opsies is slegs vir nuwe drade wat jy wil plaas.

Kliek daar en observeer die volgende. Jy het 'n paar opsies: "Create, Edit" en Moderate comments." Hou maar eers net by "Create." Tik 'n titel in. Net onder dit staan daar "Edit html" en "Compose" Maak seker jy kies die "compose" opsie. (Ek weet nie wat "Edit html" beteken nie (Help the mentally limited?) maar die "compose" opsie lyk vir my na 'n beter keuse. So, nou is jy gereed om jou aardskuddende boodskap te bring. Hoe om 'n smiley of emoticon daar te kry, is ek nog nie seker nie.


Aan die boonste rand van die blokkie is daar 'n bietjie meer keuses wat jy kan uitoefen. Beweeg jou muis oor die ikons daar en kyk wat elk beteken.

8 comments:

Mart said...

Sjoe Yf, jy het baie moeite gedoen...nogal in GROEN.

Baie dankie. Hoop jou kooperasie uitstappie was suksesvol. :)

Mart

Yf said...

Wanneer mens na die hulpfunksie gaan, verwys hulle jou net na 3 smiley wwebsites. Ek het gaan kyk. Dan moet jy die website se instruksies volg. Maar vir een of ander rede het die een waarvandaan ek probeer copy het, nie gewerk nie.

Mart said...

Waar is die hulpfunksie?

Yf said...

Kliek op customize. Regs bo behoort jy dit te sien.

Liza-Nel said...

Verduidelik asb. in Engels. Ek verstaan nie meneer se Afrikaans nie...;)

Yf said...

Daar is 3 sinne in Afr en Eng wat presies dieselfde is:
My pen is in my hand
My hand is in warm water
my plant is in my pen

Dus aanvaar ek dat almal volledig 2talig is.

Michael said...

Hallo Yf,

Dankie vir hierdie les met soveel oemf aanmekaar gesit. Ons blog is verseker funksioneel genoeg, maar ver van volmaak. Die rede daarvoor is dat 'n blog is nie ontwerp om 'n "Discussion Forum" te wees nie.

Die grootste voordeel hier is dat dit totaal verniet is en niks kos om instand te hou nie.

Groete,
Michael

Liza-Nel said...

http://betabloggerfordummies.blogspot.com/

Dalk help bogenoemde skakel vir diegene wat wil weet hoe hoe om prente en dies meer te plak.

Liza