Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/28/2008

Beter as “Die Beste”?

Van die gebooie sê: “jy mag nie steel nie”, “jy mag nie doodslaan nie” – so, ek steel nie, en ek slaan nie dood nie – Goed so! Volpunte. Tien uit tien, kloppie op die skouer! Wag ‘n bietjie - Toe nie. Dis nie “tien uit tien” werd nie.....

Lees ek vanoggend weer iets wat aansluit by ‘n geestelike waarheid wat ek so met die tyd in die Woord opgetel het:

“The problem with prevention is, in a sense, its “hollow” nature. When it works, something doesn’t happen. The child doesn’t develop a sense of inferiority. The individual does not get AIDS. Spousal abuse does not happen. Racist attitudes do not develop. But people… don’t get excited about what does not happen. Therefore, if prevention practices are to work, they shouldn’t just prevent something bad; they should confer something good. Something tangible. Something useful. Something enjoyable”.
(Gerard Egan, The Skilled Helper . 2002. p. xii)

Die Bybel is vol daarvan (Voorbeeld: Mat 5:38-48) : Jy moet nie net nie net jou naaste liefhê nie, maar selfs jou vyande; jy moet hulle nie net liefhê nie, jy moet vir hulle BID!
Mens moenie net die slegte “uittrek” nie, maar ook die goeie “aantrek” (Ef 4:17-5:5).

Nog een: “Moenie kwaad met kwaad vergeld nie of belediging met belediging nie. INTEENDEEL, antwoord met ‘n SEENWENS, want daartoe is julle geroep, sodat julle die seën van God kan verkry.” (1 Pet 3:8-12).

Swaar woorde, nè?

2 comments:

elma said...

Hello Henrietta

Dit is swaar woorde wat jy aanhaal.
En dit gaan weereens oor "liefde".
In (1Joh 4:8-9) lees ons ook dat,'hy wat nie liefhet nie,ken God nie,want God is Liefde"

Ons optrede moet "liefde" weerspieël teenoor almal.
Ons moet die sonde haat en nie die persoon nie.

In (Mat 5:16) sien ons dat ons "lig" so moet skyn,... dat alle mense dit kan sien en Ons Hemelse Vader die eer daarvoor moet ontvang.
Ons moet ons bekommernisse oor ongelowiges in ons gebede voor God neerlê en hulle liefhê.

Opsommend kan ons noem dat:'Die
Vrug van die Gees moet in ons lewens sigbaar wees.

Henrietta said...

Baie dankie vir jou waar woorde, Elma! Dit gaan inderdaad oor die liefde, en soos jy s^e, ons lig wat ons moet laat skyn.

Volgens die Woord moet ons heilig wees, en heilig beteken "anders" . Ek het bv. 'n artikel gelees van Alison, die vrou wat verkrag is en toe is haar keel ook nog afgesny, en haar getuienis dat sy die oortreders vergewe het en vir hulle bid... Dit kan 'n mens net doen as jy die liefde van God in jou hart het. Die " gewone" reaksie sou haat en wraak wees, maar juis die andersheid, maak dat dit soos lig in 'n donker wereld is...