Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

8/17/2008

As God "nee" sê...

Min dinge is vir gelowiges meer skokkend as wanneer God "nee" sê. Dis veral erg as mens so seker was dat die antwoord "ja" sou wees. Mens begin dan twyfel, en sommige mense sê vir jou: "Het God hoegenaamd gepraat?"

Is God se "nee" dikwels beter as God se "ja" as ons bid? Mense van God het deur die eeue hierdie dilemma ervaar.

Ek dink dat baie mense uitsluitlik bid vir hul eie gerief op aarde, op welke vlak ookal. Hierdie soort van gebede word dikwels nie beantwoord nie....

Wat sê julle?

Groete
Mart

12 comments:

Alet said...

In enige verhouding het albei mense 'n sê en 'n wil. So ook is die verhouding tussen elke mens en God iets wat van altwee kante af kom. Alhoewel ons spesifiek vir sekere dinge vra, glo ek dat God op 'n hele ander dimensie presies verstaan wat ons nodig het en nie net fokus op wat ons wil hê nie.

Dit staan ook bekend as die konsep van "in the bigger scheme of things". Geen persoon of entiteit het 'n beter persepsie van elke mens se groter prentjie as wat God het nie. Daarom glo ek dat God ons diepste hartsbegeertes hoor en hulle geken het nog voor ons bewus geraak het van hulle. Hy is 'n omvattende God: 'n vader, 'n vriend en 'n voorsiener. Die klem val dalk in hierdie geval op Sy rol as voorsiener.

Matthew Henry het dit goed gestel toe hy gesê het:
"Thoughtfulness for our souls is the best cure of thoughtfulness for the world. Seek first the kingdom of God, and make religion your business: say not that this is the way to starvation; no, it is the way to be well provided for, even in this world."

Hy sê nie noodwendig "nee" nie; maar "ja" vir dit wat 'n mens se siel die nodigste het. Hy voorsien...

Alet ***

Mart said...

Alet, ek hou baie van jou uitbeelding dat God divers is. Hy is dus God die Vader, God die vriend, God die priester, God die voorsiener, ens.

Baie gelowiges is geneig om God "in the sky" te sien as net God die Vader...

Nee! God is hier "onder", hier by ons.

Verder stem ek saam met jou dat ons die fout maak om God slegs in 'n voorsienende rol in te druk. Dis baie keer 'n Hy-moet-maak-soos-ek-vra,-of anders-is-ek-woedend-vir-Hom soort van ding.

Dankie vir jou insig hieroor.

Groete
Mart

Henrietta said...

Hierdie is 'n GROOT onderwerp waaroor mens so veel kan sê...

Het dit ook al met julle gebeur dat julle 'n boekvlees of 'n Bybelse waarheid teenkom, en dan sê: "Ag Here, waarom het hierdie ding SO LAAT in my lewe gekom?" Een so 'n ding wat my oorgekom het, is die boek "The Fire of Delayed Answers" . (Hy doen nou al 'n hele ruk die rondte onder my kinders , so ek kan nie nou direk daaruit aanhaal nie).

Twee goed wat ek pertinent kan onthou, is die verhaal van Abraham en die verhaal van Dawid.

Mens besef nie altyd nie, dat Isak gebore is, 15 jaar nadat God hom 'n nageslag belowe het. Die skrywer (nou sy naam vergeet) sê dat die feit dat Abraham in God bly glo het ten spyte van sy "delayed answer to prayer" het gemaak dat God hom nie net 'n aardse vader gemaak het nie, maar ook die vader van alle gelowiges (Gal 3).

Mens besef ook nie altyd nie, dat Dawid eers 14 jaar nadat hy gesalf is, in Saul se plek koning geword het. Twee maal het hy die geleentheid gehad om Saul om die lewe te bring, en albei kere het hy dit nie gedoen nie. Ook hier het God hom nie net 'n aardse koning gemaak nie, maar die wonderlike eer gegee dat Jesus Christus uit sy geslag gebore sou word, en was hy dus die vader van 'n ewige troon (1 Kon 9:5).

Dawid het nie die volle vervulling van God se belofte gesien nie , Abraham ook nie. Ons is bevoorreg, ons kan nou, deur terug te kyk deur die eeue, dit sien.

So God se "nee" is nie altyd 'n "nee" nie, soms is dit "nie nou nie, wag 'n bietjie.. " En soms gee Hy iets baie groter/anders as wat ons ooit verwag...

Mart said...

Henrietta sê: "So God se "nee" is nie altyd 'n "nee" nie, soms is dit "nie nou nie, wag 'n bietjie.. " En soms gee Hy iets baie groter/anders as wat ons ooit verwag..."

Dis regtig waar, Henrietta. Na my egskeiding vier jaar gelede, het ek vir God sekere goed gevra. Ek onthou baie spesifieke goed wat ek gevra het. Hy het nie daai goed vir my gegee nie. Nee, Hy het BAIE beter goed vir my gegee, wat uitgesprei was oor baie meer tyd as wat ek voor gevra het...

Groete
Mart

Henrietta said...

Ek dink daar is 'n langer weergawe, maar hier is iets moois:

I ASKED FOR STRENGTH

I asked for Strength...
And God gave me Difficulties to make me strong.

I asked for Wisdom...
And God gave me Problems to solve.

I asked for Prosperity...
And God gave me Brain and Brawn to work.

I asked for Courage...
And God gave me Danger to overcome.

I asked for Love...
And God gave me troubled people to help.

I asked for Favors...
and God gave me Opportunities.

I got nothing I wanted...
But I received everything I needed.

Henrietta said...

Hier is 'n ander weergawe:

“I asked God for strength that I might achieve. I was made weak that I might learn humbly to obey. I asked for health that I might do greater things. I was given infirmity that I might do better things. I asked for riches that I might be happy. I was given poverty that I might be wise. I asked for power that I might have the praise of men. I was given weakness that I might feel the need of God. I asked for all things that I might enjoy life. I was given life that I might enjoy all things. I got nothing that I asked for, but everything I hoped for. Almost despite myself, my unspoken prayers were answered. I am, among all men, most richly blessed.”

Henry said...

Mart, vandag het die predikant van die gemeente wat ons tans bywoon, die volgende twee dinge oor gebed gesê:
1. As ek tot God bid, aanvaar ek daarmee dat ek niks aan die saak kan doen nie.
2. As ek tot God bid, erken ek daarmee Sy Almag dat Hy groot genoeg is, om dit wat ek vra te kan laat gebeur.

Soms sê God nee as ek Hom 'n spesifieke ding gevra het. Dit opsigself is ook 'n antwoord. Gewoonlik vind ons eers baie lank daarna uit hoekom Hy toe nee gesê het, want meestal het daar toe beter dinge gebeur as wat ek verwag het.

God maak deure toe, soos wat tans vir my by my huidige werk gebeur. Ek kry nie aansporingsbonusse nie, daar's geen hoop op bevordering nie, weens my geslag en velkleur, maar ek weet dat God iets in die toekoms oor my pad gaan bring, wat my stoutste verwagtinge sal oortref. . .

Bertus said...

Ek wil 'n klip in die bos gooi. En dit is alweer die ewige skeptikus in my wat lyk my vanaand praat, maar ek is opreg wanneer ek die volgende vra: hoe weet julle dat God met julle praat? Nevermind dat Hy nog antwoord, ek hoor Hom nie.

Ek neem Hom waar in die skepping, maar ek hoor niks nie.

Ek bid nietemin, maar ek verwag geen antwoord nie.

Ek is seker dat julle nie iets 'letterlik' hoor nie, so hoe moet ek julle verstaan wanneer julle oor 'n gesprek met God skryf? Ek het eerlikwaar net 'n monoloog, nie dat dit nie verrykend kan wees nie, maar nog steeds.

Alet said...

Ek dink nie dis spesifiek God wat antwoord of nie antwoord nie. Dis die Heilige Gees se "werk" om ons vleeslike en menslike behoeftes te staaf. Omdat die Heilige Gees deel is van God, sê mense gewoonlik (en eintlik spreekwoordelik) dat God luister of nie luister nie.

En soos ek dit ervaar, is die Heilige Gees ook deel van elke Christen se wese. Dis 'n wonderlik konsep as mens daaraan dink! Ons is een met God deur die teenwoordigheid en werk van die Heilige Gees in ons lewens. Let wel, die werk van die Heilige Gees is "up to God", alhoewel ek glo dat die teenwoordigheid van die Gees 'n konstante faktor is.

Jy sal met ander woorde in elkgeval niks hoor nie. As God voel dis reg, sal mens 'n verskil in verskillende areas van jou lewe voel en sien.

Alet ***

Henry said...

Hallo Bertus,
Weet jy, om God se stem te hoor is baie moeilik, want sy stem is sag soos 'n briesie.

Daar is soveel geraas om ons, dat dit die eintlike rede is, waarom ons nie God se stem kan hoor nie.

Dit is ook nie asof God altyd direk met jou praat nie. Soms praat Hy met jou d.m.v. 'n Bybelversie. Ander kere kan dit 'n woord van Wysheid wees wat iemand vir jou gee. Noodwendig sal dit iemand wees, wat geseënd is met dáárdie gawe wat hy/sy van die Heilige Gees af ontvang het.

"Bid en vir jou sal gegee word", sê die Skrif. Doen dit gereeld en jy sal die Here se stem hoor, al hoor jy dit nie letterlik nie.

Sterkte,
Henry

Alet said...

Hallo Henry

Ek hou van jou siening oor gebed en God se "respons" daarop. Daar is net een ding wat my nog bietjie puzzle: Bybelversies is moeilik om te interpreteer, veral as hul uit konteks geneem word.

Lees mens 'n Bybelvers as deel van 'n algehele boek in die Bybel of kan slegs een of twee verse genoeg wees om antwoorde op sekere vrae te kry? Dit hang natuurlik af van watse boek in die Bybel van toepassing is (Openbaring is bv. oor die algemeen moeiliker om te begryp as die ander boeke), maar ek wonder nog steeds oor die hele Bybelstudie onderwerp...

Alet ***

Ockie said...

Hallo,

Sjoe! julle durf 'n moeilike saak aan as julle gebed/geloof aanraak. Ek dink gebed behoort 90% danksegging te wees en 10% vra. Die moderne mens wil eerder 100% eise instuur. Ek dink die essensie van gebed is om met God te gesels. Vgl Henog. Ek weet ons mag vra - maar soms vra ons net en sê niks anders nie!

Ek aanvaar as God 'nee" sê weet Hy beter as wat ek weet en berus my daarby.

Dan moet ek ook as pastorale berader dit noem (dit is terloops my agtergrond) ons grootste probleem in ons verhouding met God is ek self. Dit is my "ek" wat tussen my en 'n sinvole verhouding met God te staan kom. Dan bedoel ek nie my karakter of persoonlikheid nie, maar my eie hardkoppigheid, my "ek wil dit self doen".

Daar is 'n Engelse koortjie wat ek onthou uit my kinderjare - Let go and let God have His wonderful way, let go and let God have His way, your burdens will vanish your night turn to day, let go and let God have his way." (verskoon die Ingels) Daar is 'n soortgelyke koortjie wat sê "Things are different now, something happened to me, when I gave my life to Jesus. Things I loved before have passed away, things I love far more have come to stay, things are different now...."

Mense - het julle al ervaar die harmonie as jou wil ooreenkom met God se wil? Gebeur nie dikwels nie, maar WOW!!!!

Ockie